Die Ligkasteel projek is ’n kleuterskool naby Dawid Brink! Dit is vir kindertjies wat nie die finansies het om kleuterskool toe te kan gaan nie.
Ons wil vir kinders ’n mooi, vriendelike, liefdevolle omgewing skep waar hulle kan blom! Die kinders kry ontbyt en ’n gebalanseerde middagete by die skool. Hulle het ’n dierbare juffrou wat ’n ouderdoms gerigte kurrikulum met hulle volg en baie liefde gee!
Die projek is gebore uit die bewuswording daarvan dat baie kinders te ver agter is teen die tyd dat hulle in Graad 1 kom. Hulle moet dan binne ’n jaar of 2 na ’n skool vir buitengewone onderrig toe gaan of Oom Paul skool.
Die projek is gebore uit die bewuswording daarvan dat baie kinders te ver agter is teen die tyd dat hulle in Graad 1 kom. Hulle moet dan binne ’n jaar of 2 na ’n skool vir buitengewone onderrig toe gaan of Oom Paul skool.
Die hart van hierdie projek is om kinders se magies vol te maak, liefde te gee en hulle te onderrig. Hulle word ook blootgestel aan verskeie buitemuurse aktiwiteite soos Kinderkinetika, Kleuter Musiek, Teddy Tennis en ons lysie groei nog… Ons wil graag geballanseerde kinders Graad 1 toe stuur!
Die ouers moet ook by ’n gemeente betrokke raak om die voorreg te behou dat hulle kinders die kleuterskool mag bywoon. Gesinne word dan begelei deur die pastoor of dominee van die gemeente, op hulle eie reis van groei!
Die langtermyn doel is ook om mammas uit die gemeenskap te kry wat assisstente in die klasse kan wees. Sodoende kan hulle ook ’n klein salaris verdien en kan dit nog ’n groter inpak hê op gesinne!
Ligkasteel groei vinnig en as dit die Here se wil is, sal ons in 2022 uitbrei!
Vir enige donasies of inligting ivm Ligkasteel Kleuterskool, kontak asb vir Salomé by 0827833508.